Michelle Fouché

Jy maak my mal

(In Afrikaans)

Jy het my gekierang met jou oë, daardie kyk.
Met jou hande, met jou lyf, met jou siel, 
met jou het jy my hart gekierang.
Met jou frans en jou stem, 
jou MaxMara en rookasempie.
Met jou sagte, ferm lyf,
blink goue vel,
snorkglimlaggie, "wil jy proe?",
skaamoog glimlag, heuningbruin haartjies,
iets wat ek nie in woorde kan sit nie,
arabiese neusie, gladde fyn ken, growwe hand,
stoute kant,
aantrekkingmagneet, vrolikheid, energie, "l'amour"
het jy my gekierang, getoor,
vergek, malgemaak, seergemaak,
van my kop af verlief gemaak,
laat wag, laat hopeloos voel,
laat mis, laat brand brand brand met begeerte,
laat voel, laat leef, laat selfvertroue kry,
laat liefwaardig voel, laat magteloos voel, 
laat sukkel om te slaap, laat onthou, 
laat onlogies en irrasioneel dink,
laat vrees, laat huil, laat dink,
laat verstaan, laat skryf, laat styl en trots kry,
laat parfuum, laat nadink oor geloof, laat liefde verstaan,
myself beter verstaan, laat besiel, laat loop op die rand van malword,
laat verslaaf word, laat glimlag, laat spioeneer, laat buite myself voel, laat hoop. 

 

All rights belong to its author. It was published on e-Stories.org by demand of Michelle Fouché.
Published on e-Stories.org on 10/31/2009.

 

Comments of our readers (0)


Your opinion:

Our authors and e-Stories.org would like to hear your opinion! But you should comment the Poem/Story and not insult our authors personally!

Please choose

Previous title Next title

Does this Poem/Story violate the law or the e-Stories.org submission rules?
Please let us know!

Author: Changes could be made in our members-area!

More from category"Love & Romance" (Poems)

Other works from Michelle Fouché

Did you like it?
Please have a look at:

Desire - Michelle Fouché (Lovegrief)
Feelings...❤️ - Ursula Rischanek (Love & Romance)
Love song - Mani Junio (Valentine´s Day)